Mar 11, 2011

Skryf 'n wenliedjie!

SY IS funky, het ’n verhoognaam en hou van musiek.

En danksy Huisgenoot se Liedjieskryfkompetisie is Nikka deesdae goed op pad na ’n lewe in die kalklig. Hoe dan anders – haar wen-inskrywing het immers ’n trefferliedjie vir die superster Nicholis Louw geword.

‘‘Met Huisgenoot se Liedjieskryfkompetisie het ek nou presies bereik wat ek wou,’’ vertel Nikka (23) van Pretoria oor haar ervaring nadat sy verlede jaar die algehele wenner was met haar liedjie Baby Baby Baby.

En nie net het sy sodoende R30 000 losgeslaan nie; haar liedjie is boonop opgeneem op die Liedjieskryfwenners-CD wat saam met HGTempo se lente-uitgawe versprei is. Lees die hele berig by news24.com.

No comments: